
Bloemfontein kom sing saam op die Sand se verhoog hierdie Kerstyd
Die Groot Kersfees Saamsing kom vir die eerste keer, in samewerking met PACOFS na die Sand du Plessis teater in Bloemfontein. Enige lid van Bloem se publiek word dan die geleentheid gegee om deel te wees van ‘n massakoor. Ongeag ouderdom, agtergrond, musikale kennis of sangvermoë, jy kan registreer op Quicket.co.za om deel te word van die koor en ontvang daarna jou stempart. Almal oefen saam 26 en 27 November en dan is die Groot Kersfees Saamsing en kersmark, 28 November. Registrasies vir koorlede, sluit 18 Oktober. Regisseur DuPreez Strauss sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.