
Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê. Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor wat hy gedoen het nie, maar omdat hy vir vyf jaar lank nie die waarheid gepraat het nie. Leuens in ’n verhouding, selfs op klein skaal, kan maklik ’n gewoonte word wat mettertyd groei en uiteindelik tot ’n veel groter probleem lei. Wat baie mense nie besef nie, is dat die leuen wat hulle vertel om konflik te vermy…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.