
Demokrasie is net dit, daar's nie 'n 'Westerse model' nie
Die African Youth Survey 2026 het bevind dat hoewel die meeste jong Afrikane steeds glo dat demokrasie die beste vorm van regering is, baie 'n stelsel wil hê wat Afrika se eie realiteite weerspieël. Die opname toon dat byna driekwart van jongmense demokrasie bo enige ander vorm van regering verkies, maar meer as die helfte sê Westerse styl demokrasie is nie geskik vir die vasteland nie. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Marius Kudumo gepraat wat aanvoer dat demokrasie universeel is, en die idee van 'n unieke Afrika-model van demokrasie verwerp.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.