
EU-ambassadeur vra seuns moet aandag kry om GBV te voorkom
Die Europese Unie se ambassadeur na Namibië, Ana Beatriz Martins, vra dat daar dringeng in die land se seuns belê moet word om geslags-gebaseerde geweld te help bekamp. Sy wys daarop dat 92 persent van die jeugdiges wat met die gereg bots, seuns is. Martins het tydens 'n geleentheid vir seuns en mans 'n beroep gedoen op manlike leiers om seuns te lei na 'n manlikheid wat op verantwoordelikheid eerder as oorheersing gebou is.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.