
Dwelms kern van misdaad in Hardap
Inwoners van die Hardap-streek het kommer uitgespreek oor 'n toename in misdaad in die streek. Hardap-goewerneur Riaan McNab het onlangs onthul dat 'n totaal van 4 374 kriminele sake die afgelope jaar in die streek aangeteken is, wat 'n toename van meer as 5 persent verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging, gepraat wat sê hoë vlakke van dwelmgebruik is dikwels die oorsaak hiervan en die polisie moet met gemeenskappe saamwerk om dit stop te sit.
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.