skinny.

Latest / Nuus

Kavango, Zambezi neem voortou in ietermagô-smokkel

Die stropery van ietermagô’s duur onverpoosd voort met onlangse berigte van individue wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van ietermagôvelle. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, gepraat, wat sê dit is kommerwekkend dat die saak nie meer ondersteuning op 'n nasionale vlak kry nie. Sy sê die voorvalle is meer algemeen in die Kavango- en Zambezi-streke, en daarom gaan hulle voort met bewusmakingsveldtogte in die streke.

The skinny

The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.