
Blou vlae wapper nog 'n seisoen op Kaapste strande
Agt strande in Kaapstad het hul volle Blouvlag-status vir die 2026/27-seisoen behou, terwyl nog vier as proefstrande aangewys is. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê dit is die vyfde agtereenvolgende seisoen waarin agt strande die volle Blouvlag-status behaal, wat Kaapstad se 25-jarige deelname aan die internasionale Blouvlag-program voortsit. Blouvlagstatus is ’n internasionale erkenning wat aan strande toegeken word wat aan streng omgewings-, veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen. Om te kwalifiseer, moet strande onder meer skoon…
The skinny
The skinny isn't ready yet — notes appear once the transcript is processed.