Shows / Taaldinge

Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Episodes
Taaldinge7 Apr 2013
In die taalspeletjie kom chemiese elemente en hulle spelwyses onder meer in die soeklig.
Taaldinge31 Mar 2013
Jou taalnavrae word weer benatwoord. So, as jy gevra het waar kom die woord ‘preuts’ en ‘skrum’ vandaan, of wanneer is ‘n skool ‘n gimnasium of net ‘n…

Taaldinge17 Mar 2013
Kan ons diplomandi gebruik na analogie van graduandi? En wat beteken die weg-uitgang by woorde soos droogweg, ligweg, stilweg en rofweg?
Taaldinge10 Mar 2013
Magdaleen Krüger kyk na netjiese Afrikaanse skelwoorde en goeie Afrikaans vir Engelse rekenaarterme.

Taaldinge24 Feb 2013
Lewer ‘n mens kommentaar oor iets of kommentaar op iets. Daar word ook gepraat oor ‘n Van der Walt-skoot skiet.
Taaldinge26 Aug 2012
Magdaleen Krüger kyk na die vertaling van Russiese aandgesange in Afrikaans. En ry ons in bane of lane op die pad?
Taaldinge19 Aug 2012
Julle wat gevra het dat Magdaleen weer daardie deel oor majesteiskennis moet speel, luister gerus weer. Dan is daar ook die taalspeletjie aan die einde, waar…

Taaldinge5 Aug 2012
Magdaleen Krüger praat oor die meervoud van eiename en die rol van taalwetenskap in die studie van tale. Sy kyk ook na standaard Afrikaans in eksamenvraestelle…


Taaldinge22 Jul 2012
Daar word gekyk na die Afrikaanse Taalraad se bemagtiging-deur-Afrikaans-besoeke by skole in die Wes-Kaap en ‘ntweede taal vir kinders. In die taalspeletjie…
Taaldinge15 Jul 2012
Taalterminologie is soms onsensitief teenoor persone met sekere siektes of toestande en moet verander word. Die terminologie selfmoord moet by voorbeeld eerder…
Taaldinge8 Jul 2012
Waar kom die woord grieselrig vandaan? Mag ons maar praat van ‘n lodge en chalet? Hoekom praat so baie mense van onverskoning vra en nie om verskoning vra nie?
Taaldinge1 Jul 2012
Daar word gepraat oor die neurowetenskaplike aspek van die aanleer van taal by baba’s en volwassenes. Afkortings word bespreek en ‘n Hindi-spreker van Durban…
Taaldinge24 Jun 2012
Hoekom sê mens Pêrel, maar spel dit Paarl? Watter taalreëls is die moeilikste? En, nuuboeletiens word ingespan vir taalnavorsing.
Taaldinge17 Jun 2012
Magdaleen Krüger vind meer uit oor onderrig vir nul-taal Afrikaanssprekendes, die oorsprong van idiome, los- en vasskryf en politaligheid.
Taaldinge10 Jun 2012
Die plasing van die werkwoord, ‘n diktee en ‘n bydrae met die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans op die spyskaart.

Taaldinge27 May 2012
Hoe werk meervoude? Daar is ook inligting oor 'n veeltalige vertaalwoordeboek en hoor hoe klink een van ons susterlande in Afrika se taal.
Taaldinge20 May 2012
Daar word gesels oor die uitspraak van Franse name soos onder meer dié van die nuwe Franse president en in die taalspeletjie praat die kundiges oor hoe mens…
Taaldinge13 May 2012
Magdaleen Krüger kyk na skelname uit 16de eeuse Nederlands in die dae van die Kompanjieswerknemers… en slegte nuus is dat die woord makelaar onder hierdie…
Taaldinge6 May 2012
Magdaleen Krüger kyk na die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans se kongres oor Kaapse Afrikaans en hoe daar meer woorde en uitdrukkings uit Kaaps in…
Taaldinge29 Apr 2012
Wat is die herkoms van die woorde lakoniek en lakonies? Dien ‘n mens as jy tennis speel, of slaan jy af? Wat het van word geword?
Taaldinge22 Apr 2012
Word Blou Bulle-ondersteuner met ‘n koppelteken geskryf? Waar gebruik ons spasies en wat het ‘n 82-jarige gedryf om ‘n M-tesis oor troeteltaal te doen?


Taaldinge1 Apr 2012
Nuus oor ‘n uitstalling van die ontwikkeling van Afrikaans in Afrikaanse musiek, wanneer gebruik jy hoofletters en die taaljunkies rap in Afrikaans.
Taaldinge25 Mar 2012
Luister na een van die tongvalle van Afrikaans, hoor hoe klink Nama en vat die pad in ‘n viertrekvoertuig.
Taaldinge18 Mar 2012
Kan ons maar van die sypaadjie praat as die pavement? Bepaal wette hoe naamwoorde gebruik moet word?
Taaldinge11 Mar 2012
Dit gaan nog goed met die Departemente Afrikaans in ons land. En wanneer sit jy ‘n kappie op en wanneer nie…dis nou die kappie-leesteken.
Taaldinge4 Mar 2012
Wat noem mens iemand wat ‘n vrees vir verse het? Wat sê ‘n mens in Afrikaans vir copy en paste en iPad?