Shows / Taaldinge

Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Episodes
TaaldingeTaaldinge 8 November 2020
Taalnavrae word hanteer, en daar word gepraat oor Stockholm-sindroom, kaspaas, paria en die verskil tussen ‘n boot en ‘n skip.
TaaldingeTaaldinge 1 November 2020
Ina Strydom praat met Marlie Coetzee van die Virtuele Instituut vir Afrikaans oor VivA se nuwe aanlyn lees-en-luisterbiblioteek.
TaaldingeTaaldinge 25 Oktober 2020
Die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad praat oor hulle planne.
TaaldingeTaaldinge 18 Oktober 2020
Hoe lyk jou Sondagmiddagmaal? Vleis, rys, pampoen, gebraaide aartappels of strooppatats? Jana Luther vertel vir Ina Strydom meer van pampoen, aartappel en…
TaaldingeTaaldinge 11 Oktober 2020
In Taaldinge word taalnavrae hanteer. Daar word gepraat oor onder meer opkeil, asem, adem en van 'n berg 'n molshoop maak.
TaaldingeTaaldinge 4 Oktober 2020
Ina Strydom praat met die samestellers van eksamenhulpboeke vir Afrikaans Huistaal, Isabella Venish en Martli Jordaan. Die boeke is beskikbaar vir Grade 10, 11…
TaaldingeTaaldinge 27 September 2002
Taalnavrae kom aan die beurt en daar word gepraat oor onder meer kalant en vabond, landdros, magistraat, bekaf en apostelperde.
TaaldingeTaaldinge 20 September 2020
Is daar vloekwoorde wat meer aanvaarbaar as ander is? Hoekom en wanneer vloek mense, en watter soort woorde gebruik hulle? Prof. Gerhard van Huyssteen vertel…
TaaldingeTaaldinge 13 September 2020
Ons praat oor die lidwoorde de, der en des en oor eenvoudige Afrikaans in die wetenskap.
TaaldingeTaaldinge 6 September 2020
Prof. Jac Conradie, emeritus-professor verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Ina Strydom oor taalverskynsels in die poësie van NP van Wyk…
TaaldingeTaaldinge 30 Augustus 2020
Wat is die verskil tussen draghoender en dragonder? Waar kom die woord, ekskuus, vandaan? Wat beteken harlaboerla?
TaaldingeTaaldinge 23 Augustus 2020
Wat is gewone taal, en hoekom is dit belangrik? Prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg verduidelik die konsep, en vertel vir Ina Strydom…
TaaldingeTaaldinge 16 Augustus 2020
Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans is 'n geletterdheidstrust wat 'n verskil in die Wes-Kaapse gemeenskappe wil maak deur Afrikaans. Magdaleen…
TaaldingeTaaldinge 9 Augustus 2020
Waar kry 'n mens antwoorde oor korrekte spelling of die regte betekenis van 'n woord of gepaste taalgebruik? Prof. Wannie Carstens praat met Ina Strydom oor…
TaaldingeTaaldinge 2 Augustus 2020
Dr. Willem Botha en dr. Frikkie Lombard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is “Die Ware Jakob”. Hulle veruidelik die gebruik van drakonies, gade, lepel…
TaaldingeTaaldinge 26 Julie 2020
Ina Strydom praat met Jana Luther oor Afrikaans as visserstaal. Kom vind uit wat is, onder meer, 'n laatjie, angels en 'n joppelwind.
TaaldingeTaaldinge 19 Julie 2020
In taalnavrae word gepraat oor die Afrikaans vir Mall, oor letters wat dieselfde klink, maar woorde wat met die letters begin, word verskillend gespel, en sê…
TaaldingeTaaldinge 12 Julie 2020
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor taalnorme, wat dit is en waarom norme ook in taal nodig is.
TaaldingeTaaldinge 5 Julie 2020
In Taalnavrae word gevra of 'n mens sterf aan 'n siekte of weens 'n siekte, en 'n goeie Afrikaanse woord vir cabin fever.
TaaldingeTaaldinge 28 Junie 2020
Ina Strydom praat met emeritusprofessor verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan UWK, prof. Frank Hendricks, oor Kaaps se oorsprong, status en…
TaaldingeTaaldinge 21 Junie 2020
Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen 'n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede.
TaaldingeTaaldinge 14 Junie 2020
Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die…
TaaldingeTaaldinge 7 Junie 2020
In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die môrestond wat goud in die mond het.
TaaldingeTaaldinge 31 Mei 2020
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen…
TaaldingeTaaldinge 24 Mei 2020
Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor…
TaaldingeTaaldinge 17 Mei 2020
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer 'n…
TaaldingeTaaldinge 10 Mei 2020
In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word.
TaaldingeTaaldinge 3 Mei 2020
Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom…
TaaldingeTaaldinge 19 April 2020
Magdaleen Krüger kyk na woordwisseling en wisselvorme soos reën en reent, en oor prestasie in die skryf van regswetenskapsartikels in Afrikaans.
TaaldingeTaaldinge 12 April 2020
In die gees van die Pase praat Jana Luther met Ina Strydom oor Paasfees, die Pasga, paashase en paaseiers.
TaaldingeTaaldinge 5 April 2020
In Taalnavrae word gepraat oor galletjie, vloerbrood, hoe oud is oeroud en wat is die Afrikaans vir spinning, daardie samekoms van karre wat in die rondte tol.
TaaldingeTaaldinge 29 Maart 2020
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel waarmee die kommissielede hulle besig hou tydens die sitting, onder meer besprekings…
TaaldingeTaaldinge 22 Maart 2020
Watter taalmaatstaf word gebruik in die besluit watter boeke op RSG voorgelees word en watter dramatekste aanvaarbaar is ten opsigte van taalgebruik?
TaaldingeTaaldinge 15 Maart 2020
Vroeë taalontwikkeling by kinders speel 'n groot rol in hulle latere prestasies, maar hoe word die ontwikkeling gemeet? Prof. Frenette Southwood, voorsitter…
TaaldingeTaaldinge 8 Maart 2020
Wat is 'n huilebalk? Wat is die verskil tussen arbitrêr, ewekansig en lukraak? Wat is veskil tussen 'n briesie, 'n luggie en 'n wind? Wat is die herkoms van…

TaaldingeTaaldinge 23 Februarie 2020
Die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, dr. Conrad Steenkamp, vertel meer oor die ooreenkoms wat met die Taalunie in Nederland gesluit is.
TaaldingeTaaldinge 16 Februarie 2020
Wat is die betekenis van die uitdrukking, die bordjies verhang? Wat is xeno en morsekode?
TaaldingeTaaldinge 9 Februarie 2020
Die skryfwyse van woorde, of dit los of vas geskryf word, is een van die kwessies waaroor taalgebruikers dikwels kopkrap. Die taaladviseur van Viva, Sophia…
TaaldingeTaaldinge 2 Februarie 2020
In Taalnavrae word gepraat oor 'aan die brand slaan' teenoor 'aan die brand steek', treintrokke en treinwaens, en oor die betekenis van pypkan.
TaaldingeTaaldinge 26 Januarie 2020
Afrikaans het 'n redelike agterstand teenoor vergelykbare tale wat betref inhoud en teenwoordigheid op Wikipedia. Prof. Laurette Pretorius, buitengewone…
TaaldingeTaaldinge 19 Januarie 2020
In Taalnavrae met Magdaleen Kruger word gepraat oor van dit en hiervan, en ook oor weerwaak en weerwaarskuwing.
TaaldingeTaaldinge 12 Januarie 2020
Jana Luther praat oor die stand van verklarende woordeboeke, en vertel onder meer van die uitdagings waarmee woordeboekmakers te kampe het. Dit sluit in die…
TaaldingeTaaldinge 5 Januarie 2020
Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?
TaaldingeTaaldinge 29 Desember 2019
Spesiaal vir die vakansietyd: Afrikaans se mooiste woorde - 'n paar mense vertel of lees voor wat in die stadium vir hulle besonderse, of mooi, of…
TaaldingeTaaldinge 22 Desember 2019
Inligting word gegee oor 'n drietalige landbou-woordeboek in Afrikaans, Engels en Xhosa, en daar word gesels oor terminologie en terminografie.
TaaldingeTaaldinge 15 Desember 2019
Die land se voorste leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, praat oor twee nuwe woordeboeke, die Frekwensiewoordeboek en die…












