Shows / Taaldinge

Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Episodes
TaaldingeTaaldinge 2 Januarie 2022
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Die gaste is dr. Willem Botha en Alet Cloete van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hulle verduidelik onder…
TaaldingeTaaldinge 26 Desember 2021
Teen die einde van die jaar maak woordeboeke en ander intansies hulle Woord van die Jaar bekend. Jana Luther vertel hoe die proses werk, en vertel ook van die…
TaaldingeTaaldinge 19 Desember 2021
In die skoolgrammatikareeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur Sophia Kapp, oor setsels. Sy verduidelik onder meer waarom dit nie net voorsetsels…
TaaldingeTaaldinge 12 Desember 2021
Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, verduidelik wat taalnorme is en hoe taalvariasie ‘n invloed het op normering.
TaaldingeTaaldinge 5 Desember 2021
In Taalnavrae beantwoord die kenners 'n vraag oor moderne tale wat makliker lyk as ouer tale; en die betekenis van magnus opus word verduidelik.
TaaldingeTaaldinge 28 November 2021
Emeritus-professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa, Laurette Pretorius, praat oor die 20-jarige viering van Wikipedia in Afrikaans, en die waarde van Wikipedia…
TaaldingeTaaldinge 21 November 2021
In die reeks oor woordsoorte verduidelik VIvA se taaladviseur, Sophia Kapp, hoe bywoorde herken en gebruik word.
TaaldingeTaaldinge 14 November 2021
Is Afrikaans ‘n inheemse taal? Die taalkundiges, proff. Ernst Kotze en Wannie Carstens, beantwoord dié vraag.
TaaldingeTaaldinge 7 November 2021
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vandeesweek die boek, Die AWS 100 jaar, deur wyle prof. Christo van Rensburg, amptelik bekend gestel…
TaaldingeTaaldinge 31 Oktober 2021
Dr. Willem Botha en Alet Cloete van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae.
TaaldingeTaaldinge 24 Oktober 2021
‘n Tweetalige woordeboek vir die Grondslagfase, grade 1 tot 4, is pas bekend gestel. ‘n Senior leksikograaf, Delana Fourie, vertel hoe die woordeboek…
TaaldingeTaaldinge 17 Oktober 2021
In die reeks oor woordsoorte, praat VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, oor adjektiewe of byvoeglike naamwoorde.
TaaldingeTaaldinge 10 Oktober 2021
Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van twee internasionale kongresse oor Afrikaans wat onlangs plaasgevind het, en die groot belangstelling in Afrikaans by…
TaaldingeTaaldinge 3 Oktober 2021
Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Die nuwe lid van die Taalnavraespan is Alet Cloete, ‘n senior mederedakteur by die WAT.
TaaldingeTaaldinge 26 September 2021
Die taalversorger en vertaler, Tom McLachlan, praat oor die vertaling van die Gedragskode vir Regspraktisyns, en enkele vertaalkwessies in die algemeen.
TaaldingeTaaldinge 19 September 2021
In die reeks oor woordsoorte praat VivA se taaladviseur, Sophia Kapp, oor lidwoorde.
TaaldingeTaaldinge 12 September 2021
Prof. Elvis Saal, hoof van die Departement Afrikaans en Literatuurwetenskap by Unisa, praat oor verandering wat die afgelope paar dekades in die Afrikaanse…
TaaldingeTaaldinge 5 September 2021
Jana Luther van die WAT praat oor neologismes; hoe dit gevorm word en kriteria vir die opneem van nuutskeppings in woordeboeke.
TaaldingeTaaldinge 29 Augustus 2021
Prof. Hans du Plessis vertel van sy betrokkenheid by die voltooiing van die publikasie, AWS se eerste 100 jaar, wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir…
TaaldingeTaaldinge 22 Augustus 2021
Sophia Kapp, VIvA se taaladviseur, praat oor naamwoorde. Dis deel van ‘n reeks oor woordsoorte, wat veral vir Afrikaans onderwysers, leerlinge en ouers…
TaaldingeTaaldinge 15 Augustus 2021
Drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord luisteraars se taalnavrae. Die herkoms van uitdrukkings soos tou opgooi en die hasepad kies, en…
TaaldingeTaaldinge 8 Augustus 2021
Prof. Quentin Williams, direkteur van die Sentrum vir Meertaligheid en Diversiteit by die UWK, vertel meer oor die Drietalige Woordeboek van Kaaps wat onlangs…
TaaldingeTaaldinge 1 Augustus 2021
In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT luisteraars se vrae oor onder meer kritiek en krities; en braaf en dapper.
TaaldingeTaaldinge 25 Julie 2021
Die Universiteit van Johannesburg ken al vir meer as twee dekades pryse toe vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans, en reeds vir ‘n geruime tyd ook in Engels…
TaaldingeTaaldinge 18 Julie 2021
Die taaladviseur van VivA, Sophia Kapp, vertel van ‘n aanlyn grammatikaprojek wat fokus op skoolgrammatika, en wat belyn is met die skoolleerplanne vir…
TaaldingeTaaldinge 11 Julie 2021
Die Sentrum vir Tekstegnologie, CText, die Noordwes-Universiteit doen navorsing oor taaltegnologie en ontwikkel hulpbronne. Die kommunikasiebeampte, Annuschka…
TaaldingeTaaldinge 4 Julie 2021
In Taalnavrae beantwoord drr. Willem Botha en Frikkie Lombard onder meer vrae oor die gebruik van nommers, syfers en getalle; en die gebruik van gaan en sal.
TaaldingeTaaldinge 27 Junie 2021
Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van ‘n projek waarby hy betrokke is wat fokus op die herkoms van woorde en idiome. Die projek word geborg deur Afrikaans.com.
TaaldingeTaaldinge 20 Junie 2021
‘n Student van die Universiteit van Moskou, Lika Gorokhwa, vertel van haar belangstelling in en liefde vir Afrikaans.
TaaldingeTaaldinge 13 Junie 2021
Jana Luther, die sekretaris van die Taalkommissie, vertel meer van die kommissie se werksaamhede, en die beplanning wat reeds gedoen word vir die 12de uitgawe…
TaaldingeTaaldinge 6 Junie 2021
‘n Senior mederedakteur van die WAT, Alet Cloete, praat oor Deel 16 van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal wat onlangs bekend gestel is, en ‘n…
TaaldingeTaaldinge 30 Mei 2021
Luister na ‘n geredigeerde weergawe van “Die syfer- en sypelplekke van Afrikaans – ‘n samevatting.” Dit is presies 31 jaar gelede uitgesaai op 30 Mei 1990, en…
TaaldingeTaaldinge 23 Mei 2021
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het onlangs sy 95ste bestaansjaar gevier. Die hoofredakteur, dr. Willem Botha, praat oor hoe die WAT ná soveel jaar…
TaaldingeTaaldinge 16 Mei 2021
In Taalnavrae word gepraat oor die betekenis van om iets te laat links lê, om iets om dowe neute te doen, en oor die gebruik van nogals in plaas van nogal.
TaaldingeTaaldinge 9 Mei 2021
Die hoof van die Sentrum vir Akademiese en Professionele Taalpraktyk by die NWU, prof. Tobie van Dyk, en die projekbestuurder by ICELDA, DJ Cloete, vertel meer…
TaaldingeTaaldinge 2 Mei 2021
In Taalnavrae word gepraat oor omskep of omgeskep, kontaminasie, en om verskoning of onverskoning.
TaaldingeTaaldinge 25 April 2021
SADiLaR is ‘n sentrum wat digitale taalhulpbronne skep en bewaar en navorsing doen in en vir al die landstale. Ina Strydom praat met die projekbestuurder, Juan…
TaaldingeTaaldinge 16 April 2021
In Taaldinge word daar gepraat oor newwies, kwaggakaiings en die herkoms van die woord imbesiel.
TaaldingeTaaldinge 11 April 2021
Jana Luther praat oor die rol van die teksredakteur, en hoe hy die leser én die skrywer help.
TaaldingeTaaldinge 4 April 2021
In Taalnavrae word onder meer gepraat oor die verskil tussen oppervlak en oppervlakte, alma mater en alumni en stiekem.
TaaldingeTaladinge 28 Maart 2021
Die taalkundiges, Nerina Bosman en Sulene Pilon van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, vertel vir Ina Strydom meer oor die Afrikaanse…
TaaldingeTaaldinge 21 Maart 2021
In Taalnavrae word gepraat oor onderstebo klere en die oorsprong van "na iemand se pype dans." Is daar ‘n woord wat op j eindig?
TaaldingeTaaldinge 14 Maart 2021
Dr. John Bojé vertel vir Ina Strydom van sy lewenswerk: die vertaling van Geoffrey Chaucer se Canterbury Tales uit die Middelengels in Afrikaans as Die…
TaaldingeTaaldinge 7 Maart 2021
Waar kom padda in die keel vandaan? Wat beteken basel? Wat is ‘n buitengewone professor anders as net ‘n professor?
TaaldingeTaaldinge 28 Februarie 2021
Ina Strydom praat met Nicol Faasen, die samesteller van Pharos se Afrikaansgids, oor dié gids se inhoud en gebruikswaarde. Die gids word saamgestel volgens die…
TaaldingeTaaldinge 21 Februarie 2021
Op Intenasionale Moedertaaldag, 21 Februarie gesels Magdaleen en haar gaste oor die gebruik van moedertaal in die alledaagse sosiale lewe en in die…
TaaldingeTaaldinge 14 Februarie 2021
‘n Toenemende belangstelling in Afrikaans by universiteite in die buiteland is een van die redes waarom ‘n handboek oor Afrikaans, maar in Engels, nou…
TaaldingeTaaldinge 7 Februarie 2021
Wat is die verskil tussen ‘n nasie en ‘n volk? Waar kom die ‘ent’ in entstof vandaan? Wat is die verskil tussen integraal en integrerend?
TaaldingeTaaldinge 31 Januarie 2021
Om te vertaal of nie te vertaal nie – dit is die vraag wat Ina Strydom met Sophia Kapp bespreek. Sophia is die taaladviseur van VivA en lid van die…
TaaldingeTaaldinge 24 Januarie 2021
Hulde word gebring aan RSG-omroeper, dramaregisseur en woordkunstenaar Margot Luyt, wat onlangs oorlede is. Dit word gedoen deur ‘n kortverhaal van Cecile…
TaaldingeTaaldinge 17 Januarie 2021
Wat is ‘n tesourus, waarvoor word dit gebruik en deur wie? Ina Strydom praat met die mederedakteur van die hersiene Tesourus van Afrikaans, Leon de Stadler…
TaaldingeTaaldinge 10 Januarie 2021
In Taalnavrae word gepraat oor spandabel, porseleinaarde, veselperske, en wat die korrekte Afrikaans vir ‘branding’ sou wees.
TaaldingeTaaldinge 3 Januarie 2020
In dié eerste program van die nuwe jaar praat Ina Strydom met Jana Luther oor die maan, maande en kalenders of almanakke.
TaaldingeTaaldinge 27 Desember 2020
Luister na ‘n herhaling van ‘n gesprek wat in driesestig uitgesaai is oor ‘n toepassing waarmee kinders in al die landstale kan leer lees; en ‘n uittreksel uit…
TaaldingeTaaldinge 20 Desember 2020
Daar word gepraat oor sibbe, jou moses teekom, die verskil tussen eers en eens, en die herkoms van die kluts kwyt wees.
TaaldingeTaaldinge 13 Desember 2020
Hoe word pejoratiewe in die AWS hanteer? Ina Strydom praat met Duncan Ruiters wat pas sy M.A. in Afrikaanse Taalkunde aan die Universiteit van Johannesburg oor…
TaaldingeTaaldinge 6 Desember 2020
Taalnavrae gaan oor onder meer bog, vroetel, toekomskundige en drop.
TaaldingeTaaldinge 29 November 2020
Ina Strydom praat met die mederedakteurs van ‘n unieke handboek oor Toegepaste Taalkunde in Afrikaans, proff. Wannie Carstens en Tobie van Dyk, oor die doel…
TaaldingeTaaldinge 22 November 2020
In Taalnavrae word gepraat oor onder meer kolofonium, kolofon, decibel en die Hansard.
TaaldingeTaaldinge 15 November 2020
Die vertaling van die Bybel is ‘n lang en omvattende proses. Prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom van die proses, die benadering tot die vertaling en die…