Shows / Leefwêreld van die Gestremde

Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Episodes
Leefwêreld van die Gestremde24 Jun 2012
Wat is die korrekte behandelingsmetodes vir artritis? Kan die impak van hierdie toestand vertraag word? Fanie du Toit gesels hieroor met Annelie Roos, ’n…
Leefwêreld van die Gestremde17 Jun 2012
Hoe het Hein Wagner trauma in ‘n triomf te verander? Hein vertel hoe dit voel om met ’n seiljag van Kaapstad af na Rio te vaar en om die blinde landspoed…
Leefwêreld van die Gestremde10 Jun 2012
Dr. Chris Nel van die Unversiteit van die Vrystaat bespreek die oorsake, simptome en behandeling van artritis.
Leefwêreld van die Gestremde3 Jun 2012
Fanie du Toit gesels met Johan Viljoen, voormalige nasionale direkteur van die Nasionale Raad vir Persone met ‘n Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika. Sy…
Leefwêreld van die Gestremde27 May 2012
Fanie du Toit kyk na die toeganklikheid van die Moreleta-kloof Natuurreservaat in Pretoria.
Leefwêreld van die Gestremde20 May 2012
Fanie du Toit kyk na die tweejaarlikse kongres van die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika wat in Port Elizabeth plaasgevind…
Leefwêreld van die Gestremde13 May 2012
Margot Luyt gesels met die aanbieder van Leefwêreld van die Gestremde, Fanie du Toit, oor hoe dit voel om ná 29 jaar van stilte, weer funksioneel te kan hoor.
Leefwêreld van die Gestremde6 May 2012
Die Tour de Kaap is ‘n wedren wat jaarliks met groot suskes aangebied word. Thomas Micklem vertel meer oor sy deelname aan hierdie wedren en die verskil wat…
Leefwêreld van die Gestremde29 Apr 2012
Niel du Toit van Bloemfontein vertel hoe gestremdheid sy daaglikse lewe raak. Sake wat bespreek sal word, is die beskikbaarheid van hulpmiddele vir mense met…
Leefwêreld van die Gestremde22 Apr 2012
Hoekom is daar nog soveel onsekerheid oor die identifisering van en ondersteuning aan mense met outisme? Dr. David Griesel vertel meer oor die impak van…
Leefwêreld van die Gestremde15 Apr 2012
Estelle Randall vertel van haar ervarings ná ‘n ernstige motorongeluk.
Leefwêreld van die Gestremde8 Apr 2012
Fanie du Toit gesels met André Maree oor hoe ’n duikongeluk sy leefwêreld verander het.
Leefwêreld van die Gestremde1 Apr 2012
Fanie du Toit kyk na die baanbrekerswerk wat Blind SA doen om inligting in Braille aan die blinde gemeenskap beskikbaar te stel.
Leefwêreld van die Gestremde25 Mar 2012
Fanie du Toit gesels met die sanger Jannie du Toit oor ‘n projek wat poog om teaters en die kunste toegankliker te maak vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die Gestremde18 Mar 2012
Fanie du Toit gesels met Ronel Kleynhans oor hoe interaktiewe drama gebruik kan word om ’n houdingsverandering ten opsigte van gestremdheid mee te bring.
Leefwêreld van die Gestremde11 Mar 2012
Wat is die rol van die arbeidsterapeut in van-skool-na-werk oorbruggingsprogramme vir kinders met gestremdhede? Fanie du Toit gesels hieroor met Colette van…
Leefwêreld van die Gestremde4 Mar 2012
Watter uitdagings ervaar mense met gestremdhede op die platteland? Ferdie van Eeden van Ficksburg deel sy leefwêreld met ons.
Leefwêreld van die Gestremde26 Feb 2012
Word gestremdes se reg tot inligting en kommunikasie genoegsaam beskerm? Thelma Kotze van Johannesburg vertel hoe die behoefte aan tolkdienste aangespak…
Leefwêreld van die Gestremde19 Feb 2012
Fanie du Toit gesels met ds. Jan Oberholzer van Worcester oor ‘n dissipelskapkursus vir Dowes en die Dowe Ekumeniese Forum.